~ Human & Loura ~ 4 Feb 2017

Wonderlike dames van Imperfect Perfection!

Wat ’n wonderlike dag het ons beleef.

Vir elkeen wat daar was, was die dag PERFECT perfection. Als is met die keurigste sorg gedoen en as jy iets vra was dit reeds klaar!

Ek en my man sal julle aanbeveel waar ons kan.

Baie dankie vir die wonderlike gasvryheid, professionaliteit en omgee. Die rustige atmosfeer was vir ons ’n bonus. Die hele dag het net seepglad verloop. Baie geluk aan die dames wat so uitstekend beplan dat als eintlik ‘effortless’ lyk.

Dit was voorwaar vir ons ’n voorreg om julle venue te gebruik.

AS ek iewers nog reviews vir julle miskien in Engels kan skryf doen ek dit met graagte – stuur net die email adres!

Mag julle nog baie geseende troues reël.

Baie groete

 

Bets

~ Bertus & Janlie ~ 5 Nov 2016

Beste Noleen, Lené en Imperfect Perfection Span Wow, hoe kan ons ooit genoeg dankie sê vir die droom wat julle 'n realiteit gemaak het... Almal het heeltyd gesê dat ons onsself moet voorberei vir goed wat verkeerd gaan loop, want daar loop altyd iets verkeerd... Ons dag was abaoluut PERFEK, ek kan nie aan 'n enkele dingetjie dink wat uitplek was nie. Die prentjie waarvan ons gedroom het is deur al julle hardewerk, hulp, raad en liefde 'n realiteit gemaak... Dit was mooier as wat ons ooit kon dink! Die staf was so behulpsaam en vriendelik en altyd gereed om hand by te sit... Met een druk van 'n knoppie was ons hulp by die bruidskamer en het hy ons vinnig gehelp. Die kos (snacks, hoofgereg en nagereg, ontbytmamdjies en snacks in die kamers tydens voorbereiding) was sooooo lekker, die gaste het dit so geniet. Die kelners was regtig puik en hulle en die mense in die kroeg het 'n wonderlike diens gelewer. Die kamers was mooi skoon en gereed vir elke gas. Al die moeite wat gedoen is in die kapel, op die venue gronde en in die venue was duidelik sigbaar en die liefde en tyd wat daarin gesit is, ook. Ek (Janlie) was so gemaklik, ek was oor niks bekommer nie. Julle was so georganiseerd en heeltyd daar om te help en te ondersteun. Van die oomblik wat ons die venue bespreek het tot alles verby was, was julle daar, julle het altyd ons op hoogte gehou van verwikkelinge op die venue of nuwe verblyf in die omtrek en soms het julle net in geloer. Dankie vir julle bedagsaamheid teenoor elke gas en diensverskaffer. Dankie vir julle liefde en raad en dat ons die voorreg gehad het om ons mooiste dag by julle pragtige venue te kon hou. Ons sou niks wou verander nie, dankie vir die mooiste mooiste herinneringe wat ons daar kon maak. Ons kan nogsteeds nie glo hoe perfek alles was nie. Ons het soveel komplimente gekry by ons gaste, hulle kan nie uitgepraat raak oor ons troue nie. Mag God soveel seën oor die venue, oor julle albei (Lené & Noleen) en oor hele span uitstort en mag daar nog 1000de gelukkige bruidspaartjies deur Imperfect Perfection gaan. Duisende dankies vir alles, ons het soveel waardering en dankbaarheid vir julle... Vriendelike groete/Kind regards. Bertus & Janlie

~ Jaco & Esmeralda ~ 15 Oct 2016

Mooier as die heeeeeel mooiste mooi! My klein dogtertjie drome se wildste verwagting is oortref toe ons 15 Oktober ons ewige trou aan mekaar beloof. Ons heel mooiste dag by die perfekste venue OOIT. Ek en Jaco sou nooit 'n beter venue kon kies om ons ewige trou aan mekaar te kon beloof as Imperfect Perfection nie. Lené, jy en jou hele span is iets uit hierdie wêreld. Sonder julle hulp sou ons dag nooit so sprokies mooi kon wees nie. Alles was perfek, julle is net altyd daar om alles reg te maak, jy het selfs voor 'n wasbak gestaan om klein rooi chips vingertjies van Clarize se rokkie af te kry, 'n seuntjie se vuil knie broekie gewas en gestryk sodat hy perfek lyk toe hy by daai kapel in stap. Al het ons die heeeeeel verste ooit gery om die 1st dag by jul uit te kom (oor ek verkeerde koördinate in ons GPS gesit het wat ons tot voor Hammanskraal se militêre basis gevat het) het ek geweet hier gaan ons trou! Ek het daai dag beplan dat al moet gaste met 'n 4 wheeler of dirt car gehaal word, maar by Imperfect Perfection SAL ons trou.. Gelukkig was ek net 'n slegte GPS koördineerder en ons gaste het toe nie nodig gehad om met een van daai 2 vervoer middels te ry nie hahahaha Woorde sal NOOIT kan beskryf hoe gelukkig ons was en steeds is oor ons by julle kon trou nie. Ons dag was sprokies mooi en lyk soos iets uit 'n bruidsboek. Die kos was ongelooflik lekker, ons het gaste wat tot en met 5 keer gaan skep het want dit was net so lekker dat hul nie kon ophou eet nie. Ons was almal trommel dik geëet en niemand kan uit gepraat raak oor dit nie. Ons gebed vir julle is dat die Here julle van krag tot krag, uit julle sokkies sal seën en dat julle nog miljoene bruide se sprokies troue en klein dogtertjie drome kan bewaarheid. Baie liefde en soveel dankbaarheid saam geluk. Jaco & Esmerelda Xoxoxoxoxo

~ Louis & Maria –Lise ~ 13 Aug 2016 ~

I have started and restarted this review so many times...not because of not knowing what I want to say but because I have so much to say. Noleen, Lene and team...you made our dream day, a day we will never forget. A wedding at your venue is not just an event...it is a process of becoming a part of your family. We were always welcomed with open arms and a smile. No request was too much to ask and everything was done with absolute precision. We truly appreciate every little detail and the big effort that went with it. You gave us a day we shall never forget...a day filled with beauty, friendship, laughter and love. You did not just provide a venue, you provided a place where our 'happily ever after' started. Our thank you's will never be enough but they come from the bottom of our hearts! Lots of love Louis & Maria-Lise

~ Tiaan & Ashleigh ~ 7 Oct 2015

Imperfect Perfection was the first AND ONLY venue we ever visited when looking for a venue for our wedding. I will never forget Noleen trying to persuade us to look around before making our final decision....but we just knew! Imperfect Perfection was our place! And it was about SO much more than just a venue! Working with Lené and Noleen is truly so special, and they go beyond the call of duty to make sure that everything is perfect (even if it means Lené having to help the bride with her dress in the bathroom just before opening dance) My experience as a bride was filled with so much love at Imperfect Perfection, and although it will always be a special place because it was where i married my best friend, it will always be a special place because of the special staff. Lené made an effort to pray for us at every meeting and even before we left after the wedding-ensuring that we always felt love and support in abundance!