Om die lief te hê en liefgehê te word. My oudste broer het alyd vir my gesê kyk jy voor jou en ek sal agter jou kyk. Nou dat ek bietjie sit en daaroor dink, is dit al wat ‘n mens werklik nodig het, is iemand wat jou belange op die hart dra en daar vir jou sal wees ongeag. Ek het nog min paartjies gesien soos Jan en Ansoné waar elke iedere gas met soveel liefde na twee mense kyk. Ek kon hierdie innige liefde van al die gaste en familie so goed verstaan, want ek moes dikwels my lip byt, en my trane keer, want ek dink my trane wou sê wat ek nie in woorde kon uitdruk nie...
Ons sonneblommeisiekind. Dis ongelooflik hoe ons almal anders geskape is, en hoe ons elkeen iets het wat met ons praat. Ons voel die wêreld om ons in kleure, geure en smake van ons eie. Soms word ons so meegevoer deur al die prentjies wat voortdurend op ons skerms opkom, dat ons die pad byster raak en dan word ander se smaak ons sin, en ons sien, maar die prentjie is iemand anders sin, die een op die pinterest of Instagram fotos. EN DAN, kry ons vir Anje, ons eie sonneblommeisiekind. Sy glimlag altyd, haar sagte hart maak almal om haar lief vir haar en haar innige gees is gewortel in ‘n diep geloof in dit wat reg is en goed is...
Chalk and cheese. She is a dancer, he is in IT, she is blond and beautiful, and he is dark and handsome. We have known Tufan for a few years, he was one of the bartenders at Imperfect Perfection when he was still studying. We have fallen in love with him a long time ago and all we wanted for him was to find someone that will be the perfect fit. Although perfect is not what we aspire to, we could not have chosen a better partner for Tufan than Magda. They have used their wedding planning journey to grow as a couple and to involve their families...
Ek kyk na die fotos en ek is totaal verlief. Ek is verlief op die ryk kleure en hoe Isabel van Kreativ photography die sjarme van elke sonstraal gevang het wat liggies rondgespeel het terwyl sy vir Jannes en Chanelle afgeneem het. Ek het nog min mans gesien wat so VERLIEF op sy bruid is. Ons soek altyd die sprankel, maar hier was die sprankel tussen Jannes en Chanelle tasbaar! Hoendervleis mooi...!
THAT FIRST MOMENT. With every couple we meet for a viewing at Imperfect Perfection we remind them to create moments. A lot of first and lasts mostly happen at the same time, so either way, we must make them count. BUT, that first moment when a groom and bride see each other on their wedding day, that first hug, that first look, that first heartbeat, will always be the MOST intimate moment of your entire lives together as a married couple. Do not rush it, do not hold back the tears, DARE to feel, and show it, and embrace that moment with all the overwhelming feelings, that we often can’t verbalize...